HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het die eerste van 'n reeks skilderye wat die hoofdorpe in die Hessequa-streek uitbeeld in ontvangs geneem.
Kunstenaar Louis Hiemstra het op Vrydag 3 Januarie sy uitbeelding van Stilbaai se Steentjiestrand aan die kantoor oorhandig.
Skilderye wat die essensie van nog vier dorpe uitbeeld, sal binnekort ook hul plek in die kantoor inneem.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'