STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Gemeenskappolisiëringforum hou 'n imbizo in die gemeenskapsaal op die 26ste Februarie om 18:00.
Tydens hierdie vergadering gaan die nuwe GPF bestuur bekendgestel word, die huidige en nuwe vyfjaarplan gaan bespreek word en hulle gaan praat oor projekte waarmee hulle besig is.
Die polisie gaan terugvoer gee rakende misdaad tendense en dan gaan daar ook terugvoer wees rakende die Desember brande rondom Stilbaai asook die spandering van die fondse wat ingesamel is tydens die brande.
Alison Bryant, voorsitter van die Stilbaai GPF, vra dat die gemeenskap die imbizo bywoon sodat hulle ingelig kan word rakende hulle werksaamhede en daar sal ook tyd wees om vrae te stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’