STILBAAI NUUS - Verbygaande skepe en Chinese vistreilers is van die groot sondebokke wat hulle rommel net eenvoudig oorboord gooi.
Hierdie rommel spoel dan op redelik onherbergsame plekke uit en as dit dan nie vir die vrywilligers is wat van tyd tot tyd hierdie rommel optel nie kan dit baie skade in die natuur veroorsaak.
Stilbaai Toerisme het vir hierdie spesifieke skoonmaak aksie gevra aangesien die Stilbaai Erfenis Roetewedloop op Saterdag 21 September daarlangs gaan. Clifton Donald en sy span het reageer en sowat 25 mense het bymekaar gekom vir die taak.
'n Span het van Jongensfontein af kuslangs in Stilbaai se rigting beweeg, nog 'n span het weerskante van die Jongensgat Natuurreservaat gewerk en nog 'n span het van die visvywers by Skulpiesbaai om Bosbokduin beweeg.
Dit is vrywilligers soos die wat Stilbaai so spesiaal maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’