STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Besigheidsforum het gisteraand, 30 Julie, hul algemene jaarvergadering in die gemeenskapsaal gehou en talle inwoners was daar om antwoorde te kry oor die groei en toekoms van die dorp.
Rachel Wall, voorsitter van die forum, het die jaarverslag voorgelê en 'n paar algemene sake hanteer voordat die twee paneelbesprekings, waarvoor meeste mense gekom het, hanteer is.
Die verrigtinge het onder die leierskap van die Tuinroete se burgemeester, Andrew Stroebel, plaasgevind en die gesprekke het seepglad verloop.
Die paneellede van die gesprek oor werksgeleenthede was Jenny Olivier, Johannie Vermeulen, Didi Serfontein en Ursula van Huysteen en ‘n knelpunt was die gebrek al dan nie aan werksgeleenthede en geskikte kandidate.
Wat duidelik na vore gekom het, is dat werkgewers graag plaaslike mense geleenthede wil gee, maar dat daar nie altyd gekwalifiseerde mense is wat bereid is om hard te werk nie.
Die tweede gesprek was oor Stilbaai se toekomstige groei met Jan Veldsman, André vd Merwe, Hendrik Visser en André Uys op die paneel.
Uit dié gesprek was dit duidelik dat ontwikkeling onafwendbaar is en aanvaar word. Almal was dit egter eens dat ontwikkelaars en Hessequa-munisipaliteit in harmonie moet saamwerk om Stilbaai se unieke karakter te behou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’