STILBAAI NUUS - Die Belangeforum se Algemene Jaarvergadering vir 2024 vind plaas op Vrydag 16 Februarie om 16:00 in die saal by Palinggat-Oord.
Tydens hierdie vergadering gaan die Munisipale Bestuurder van Hessequa Munisipaliteit, Albert De Klerk, die inwoners toespreek rakende die finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteit oor die medium- tot langtermyn in die lig van Suid-Afrika se sukkelende ekonomie.
Inwoners gaan tydens die vergadering die geleentheid hê om vrae aan Mnr De Klerk te stel.
Gustav Radloff, voorsitter van die Belangeforum, moedig Stilbaai se inwoners aan om hierdie belangrike vergadering by te woon en sodoende eerstehandse inligting rakende Hessequa Munisipaliteit se finansiële volhoubaarheid te kry direk van Mnr De Klerk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’