STILBAAI NUUS - Groei Stilbaai te vinnig? Is daar beheer oor die groei van die dorp en is dit nodig?
Hierdie is gewoonlik waarheen gesprekke rondom braaivure en koffie-afsprake in Stilbaai stuur.
Op sosiale media word bespiegel en dit vat net een ondeurdagte idee om 'n storm te ontketen.
Indien jy 'n inwoner van Stilbaai is wat omgee sal jy Woensdagaand, 30 Julie, die Besigheidsforum se AJV in die Stilbaai-gemeenskapsaal bywoon. Die vergadering is 18:00 vir 18:30.
Benewens die statutêre sake sluit die aand twee professioneel gefasiliteerde gesprekke in wat fokus op kwessies wat Stilbaai en die werkslewe raak.
Stilbaai se toekoms, waarheen is hy op pad en wat moet bewaar word en die werk en werkplek-kultuur sal indringend bespreek word.
Moenie 'n randeier wees en elke keer as 'n sogenaamde "kenner" op sosiale media 'n mening lug moord en doodslag skree nie.
Woon die vergadering by en wees ingelig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’