STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-toerismeburo bied vanjaar op 4 April hulle tweede Stilbaai Amazing Race aan en dit beloof om sommer baie pret te wees.
Ontdek die mees asemrowende plekke in Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein.
Hierdie wedloop sal deelnemers na 10 srogvuldig gekose besienswaardighede in die gebied neem, waar hulle langs die pad aan kreatiewe uitdagings en aktiwiteite sal deelneem.
Van die ikoniese Goukourivier tot by die bekoorliike kusdorpie Jongensfontein, sal die wedloop die skoonheid en lewendigheid van die streek uitlig.
Daar is 'n minimum van twee en maksimum van vier deelnemers en dit is dus ideaal vir 'n gesin of 'n paar vriende om gedurende die Paasnaweek deel te neem.
Boonop is daar groot pryse op die spel en heelwat gelukstrekkings.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by www.stilbaaitourism.co.za en jy kan die toerismeburo kontak by 028 754 2602 of WhatsApp by 081 091 4066.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’