HEIDELBERG NUUS - 'n 45-Jarige man van Heidelberg is gisteraand (Vrydag 12 Februarie) dood na ‘n meswond.
Die oorledene is glo na 'n stryery met sy 21-jarige stiefseun twee keer in die linkerbors gesteek.
Volgens die polisie het die voorval ongeveer 22:30 buite die oorledene se huis in die gebied bekend as ‘Die Plotte’ gebeur.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Geen verdere inligting is tans beskibaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'