STILBAAI NUUS - Die 3,8 kilometer figuur-agt staproete deur die bosse tussen die gholfbaan en Jongensfonteinpad is met die hulp van die Stilbaai Bewaringstrust oopgesnoei en die gras van die voetpaadjies is gesny.
Hierdie staproete, wat in 2023 geopen is, bied met tye 'n pragtige uitsig oor Stilbaai en spesifiek Lappiesbaai en is geskik vir enige ouderdom en fiksheidsgraad.
Volgens doktor Deon Begeman , voorsitter van die Stilbaai Bewaringstrust, is daar ongeveer 167 verskillende inheemse plantspesies op hierdie 61 hektaar grond en die staptog kan behalwe vir oefening en ontspanning ook opvoedkundig gebruik word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’