RIVERSDAL NUUS - CJ Langenhoven, na wie Hoërskool Langenhoven vernoem is, se verjaarsdag was op 13 Augustus.
'n Feesgeleentheid is Vrydag 11 Augustus in Oudtshoorn gehou waar hierdie talentvolle stamvader se nalatenskap gevier is. Die dag is by Arbeidsgenot afgeskop waar verskeie van Hoërskool Langenhoven se leerders opgetree het.
CJ Langenhoven se huis is besoek en daar is na interessante staaltjies oor hom geluister. Herrie, die olifant, is buite op die werf gewaar en die Dasse het hierdie gebeurtenis op kamera vasgelê.
Die vlaghysing het plaasgevind en Johan Mostert (onderhoofseun) het 'n toespraak gelewer. Die skole het geleentheid gekry om elkeen 'n dramastuk, uit die pen van CJ Langenhoven, op te voer.
Die Dasse is deur Cheryl Krause afgerig en Loeloeraai is as radiodrama opgevoer.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'