RIVERSDAL NUUS - 'n Spogtee om pleegmoeders vir hulle onbaatsugtige werk en oop harte te bedank is deur Kindersorg SA Riversdal ter viering van Vrouemaand aangebied.
Constance Louwrens wat as gasvrou opgetree het, het die vroue bedank vir hulle beroep as moeders van ander se kinders en die harde werk wat elkeen van hulle insit om gesinne bymekaar te bring.
Sy het ook haar ervaring as besigheidsikoon, ouma, moeder en eggenote in die besige samelewing met die gehoor gedeel.
Louwrens het op praktiese maniere gefokus oor hoe die vrou haar gesin bymekaar hou deur speletjies te speel en saam kos voor te berei. Die gasvrou het 'n praktiese en bekostigbare poeding gemaak en is die vroue elkeen met 'n geskenk verras wat deur haar saamgestel is.
Bianca Adams, maatskaplike werker het inligting oor die pleegmoeder se verantwoordelikhede en pligte hersien, omdat die Kinderwet (38 van 2005) so 'n belangrike beginsel is, nie net in die beroep van maatskaplike werk nie, maar ook in die daaglikse take van die pleegouer.
Die dames het heerlik gepeusel aan kleingebak en southappies.
Van links is van die vroue wat die spoggeleentheid bygewoon het met hul geskenke: Elizabeth Hendricks, Katriena Adams, Milleya Esau, Myrtle Smith, Sharon van der Westhuizen, Constance Louwrens, Robenia Galant en Gertie Heskwa.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'