HESSEQUA NUUS - Die onwettige vervoer van persone in voertuie wat nie geskik of geregistreer is vir dié doel nie, word al meer ondervind.
Openbare vervoer deur geregistreerde operateurs is oral in die Hessequa-munisipale gebied beskikbaar vir vervoer tussen dorpe of selfs binne 'n spesifieke dorp.
Hierdie geregistreerde operateurs se voertuie voldoen aan al die wetlike aspekte en word ook gereeld vir algemene padwaardigheid nagegaan.
Bogenoemde operateurs word ook verplig om te alle tye die nodige versekering vir passasiers te hê sou daar enige voorval plaasvind.
Dit blyk egter nou dat persone in enige voertuig teen vergoeding vervoer word wat geheel en al teenstrydig met bestaande wetgewing is. Indien die bestuurder van so 'n voertuig hom skuldig maak, kan 'n boete uitgereik word of selfs op die voertuig beslag gelê word.
Die munisipaliteit doen 'n ernstige beroep op pendelaars om die regte keuse uit te oefen en gebruik te maak van die wettige en geregistreerde operateurs.
Daar sal in die toekoms veral gefokus word op oortreders wat hulle aan sulke onwettige praktyke skuldig maak Hessequa-verkeersdienste sal nie skroom om teen hierdie onwettige operateurs op te tree nie.
Die betrokke wetgewing van toepassing is as volg:
Wet op Nasionale Landvervoer (5/2009) R/W ART 50 (1) r/w art 90 (1) (a): Bedryf 'n padgebaseerde openbare diens.
Geen bedryfslisensie of permit kan jou 'n boete van R2 500 of skut van voertuig, of albei, op die hals haal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’