RIVERSDAL NUUS - Sandra Lotz is die gelukkige wenner van 'n oorspronklike olieverfskildery wat Huis Wallace Anderson uitgeloot het.
Dit is deur Voges Meyer geskilder en Sleeping Beauty is duidelik in die agtergrond te sien.
Kaartjies is vir slegs R30 verkoop en die lootjie is tydens vanjaar se Riversdal-landbouskou getrek. Arthur Abrahamse, 'n inwoner van Huis Wallace Anderson, het die skildery aan Lotz oorhandig.
Hulle bedank almal wat 'n lootjie gekoop het en Meyer wat die skildery aan hulle geskenk het.
Sandra Lotz en Arthur Abrahamse by die Voges Meyer-skildery.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'