SLANGRIVIER NUUS - Die plaaslike polisie se vrouenetwerk, in samewerking met verskeie ander rolspelers, het hul Vrouemaandvieringe in Slangrivier afgesluit.
Die verrigtinge vir ongeveer 50 vroue van Slangrivier en Heidelberg is in die plaaslike gemeenskapsaal aangebied.
Die aanwesiges is met die goue stemme van Lauren Green en Jason Slimmert met liedere bemoedig.
Hulle is ook deur Salome Sylvester, 'n skoonheidsterapeut, en Lee-Handri Kleynhans, 'n plaaslike opvoeder, toegespreek.
Kapt. Noluvuyo Mbiyo van Heidelberg-polisie het ook kortliks die doel van die maand se vieringe aan hulle verduidelik.
Ter afsluiting is die vroue is met 'n heerlike ete bederf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’