STILBAAI NUUS - ‘n Een dag werkswinkel vir voornemende skrywers vind Saterdag, 17 September om 09:00 in Die Waenhuis plaas.
Dit word deur Anastasia de Vries, lektor in Afrikaans by die Universiteit van die Wes-Kaap, in samewerking met Stilbaai-skryfkring aangebied.
Voornemende kursusgangers moet voor 2 September hulle eie kortverhaal, rubriek, of essay aan adevries@uwc.af.za stuur.
Dit kan oor enige tema of onderwerp handel.
Belangstellendes kan vir Esther Scheffer, sekretaris van Stilbaai Skryfkring by 082 460 6338 of vir Tienie Holtzhausen by 083 260 1724 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'