HESSEQUA NUUS - Tieners tussen 13 en 19 jaar wat in Hessequa woon of skoolgaan, word uitgenooi om deel te neem aan die Inheems 2026 Tiener-Kunskompetisie.
Die kompetisie vier Hessequa se unieke biodiversiteit en bied 35 kontantpryse ter waarde van R20 000, met die geleentheid dat wenontwerpe op Gouritz Groepsbiosfeerreservaat (GCBR) en Hessequa-produkte gebruik kan word.
2026-temas
• Klein, vreemd en skouspelagtig
• Skaars en merkwaardig
• Waterwêrelde
• Wilde verhoudings
Deelnemers kan enige teken- of skildermedium gebruik en tot drie kunswerke inskryf.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by alle Hessequa-biblioteke.
Sluitingsdatum: 10 Augustus
Waar om in te dien: Jou naaste Hessequa-biblioteek
Alle kwalifiserende kunswerke sal tydens die Inheems Kunsuitstalling by die Riversdal-burgersentrum op 28 en 29 Augustus uitgestal word.
Kom vier Hessequa se natuur, kreati-witeit en talent deur kuns!
Vir meer inligting en inskrywingsvorms, besoek jou plaaslike Hessequa-biblioteek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’