RIVERSDAL NUUS - 'n Klein gebaar kan groot verandering bring. Dit is presies wat op 4 November by Goedgegun Primêr gebeur het toe ongeveer 25 leerders deur die ACVV, brandweer en polisiediens besoek is.
Tydens die geleentheid het ao. Hans Busch van Riversdal-polisie, opgemerk dat 'n 12-jarige gr. 6-leerder, Leonard Hendricks stil en aandagtig na die toespraak geluister het, maar Busch het opgemerk dat sy skoolbroek 'n groot gat gehad het en agter vasgewerk is.
Busch het op 11 November in kontak gekom met 'n donateur, wat belowe het om Leonard van 'n nuwe skooluniform te voorsien.
Op 13 November het Busch vir Leonard by die skool ontmoet, sy ma ingelig van die plan en haar toestemming ontvang.
Saam met die GPF en die personeel van Pep Stores, en met spesiale hulp van winkelassistent Eugene Mei, is 'n nuwe skooluniform gekies en aan Leonard oorhandig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’