STILBAAI NUUS - Sterrehemel in Stilbaai was Saterdagoggend 27 April gasheer vir van die topskrywers in die Tuinroete en heelwat boekliefhebbers uit die streek.
Hulle was almal daar vir die bekendstelling van die bundel Sewe Keer Sondig, saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie.
Alle soort sondes is vasgevang in 25 kortverhale, geskryf deur 44 skrywers wat twe-twee gewerk het aan 'n verhaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’