HESSEQUA NUUS - Seagulls-rugbyklub van Melkhoutfontein was Saterdag 11 Junie weer aan die wenkant nadat hulle naelskraap met 20-19 deurgeskuur het teen ‘n begeesterde Prins Albert-rugbyklub. Hulle was rustyd met 10-7 in hul SWD Superliga B wegligawedstryd voor.
Die besoekers het bewys dat hulle met meer dissipline veel meer gefokus kan wees en het sodoende veel beter spel op die dag opgelewer.
Die wedstryd wat albei spanne se ondersteuners laat naels kou het, was tot in die laaste minuut in die weegskaal. Die tuisspan kan tevrede wees met ‘n welverdiende bonuspunt om die eerste ronde af te sluit.
Vir Seagulls het Jerome Esau (senter) en Ritchie Baker (slot) elkeen ‘n drie gedruk, terwyl Esau ook met twee straf- en twee doelskoppe geslaag het.
Vir Prins Albert het Jaco Hendricks (losskakel), Vusi Maseko (flank) en Ismael Booysen (regtervleuel) elkeen ‘n drie aangeteken, terwyl Marshall Keyser (senter) twee doelskoppe bygevoeg het.
In die eerste wedstryd van die dag het Seagulls se B-span met 17-7 geseëvier nadat hulle rustyd met 3-0 voorgeloop het.
Vir Seagulls het Tobias Swarts (regtervleuel) en Emile October (senter) elkeen 'n drie gedruk. Roland Vermeulen (senter) het twee drieë verdoel en ook met 'n strafskop geslaag.
Seagulls speel Saterdag 18 Junie weg teen Silver Stars in George.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'