STILBAAI NUUS - Seagulls is oorgehaal om George Rugbyklub daar op hulle tuisveld aan te pak.
Dit sal die eerste keer wees dat hulle teen George in 'n ligawedstryd speel, maar hulle is besig om die tempo in die topliga baas te raak en kan op enige gegewe dag hulle stempel afdruk op die groot spanne.
Hulle voorbereiding was goed en die drie spanne is gemotiveerd om hulle ondersteuners trots te maak.
Volgende Saterdag, 10 Mei pak Seagulls vir Riversdal Blues in Melkhoutfontein en die klub hoop dat die ondersteuners in hulle honderde gaan opruk vir die wedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’