RIVERSDAL NUUS - Molenrivier Primêr, 'n klein plaasskooltjie net buite Riversdal het Woensdag 17 Julie met opgewondenheid gewag vir hul helde, MOOV, wat ‘n groot skenking in die vorm van kontant aan die skool bewillig het.
Cynrol Saayman, hoof van Molenrivier Primêr, het sy dankbaarheid teenoor MOOV met ‘n klein onthaal uitgespreek.
Tydens die onthaal het MOOV se streekbestuurder, Deon Maneveld die voedingsgebied amptelik geopen deur die spreekwoordelike lint te knip.
Volgens Saayman het die skool die fondse gebruik om die voedingsgebied te voltooi. Hierdie afdak is opgerig vir die koue dae waar die 60 leerders, beskut teen reën, rustig kan smul aan hul smaaklik voorbereide kos.
Die leerders spog ook met splinternuwe skool- en sportdrag wat hulle met trots dra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’