STILBAAI NUUS - Stilbaai Rolbalklub se weeklange feesvieringe vir die klub se 60ste verjaardag is Maandag 16 Junie afgesluit met 'n pretdag.
Spelers is versoek om in uitrustings van die 1960's op te daag en spelers het uit hulle pad gegaan om te voldoen aan die versoek.
Daar was heelwat oorspronklike uitrustings, maar Wessel Linstrom het met sy hippie uitrusting weggestap met die prys as besgeklede speler.
Die oggend se prettige spel, met baie lag en lawaai, is afgesluit met 'n heerlike middagete en daarna was daar pryse op die spel vir die akkuraatste spelers met die witbal sowel as die ander balle.
Die witbal moes oor 'n afstand in 'n wynboks gerol word en met die ander balle het hulle skuins oor die baan gerol tot naaste aan die witbal.
Almal was dit eens dat dit een van die lekkerste verjaardagpartytjies was wat hulle al bygewoon het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’