HEIDELBERG NUUS - 'n Jong egpaar en hul agtmaande oue babaseun het Saterdagmiddag net voor 17:00 'n noue ontkoming gehad toe hul bakkie op die Vermaaklikheids-pad deur die vinnig vloeiende Duivenhoksrivier meegesleur is.
Volgens Bradley Jacobs van Joe Slovo Park was hy en sy vrou, Maudene, op pad terug huis toe vanaf 'n plaas sowat 28 km buite Heidelberg toe die rivier hulle in die middel van die laagwaterbrug vasgevang het.
Gelukkig kon hulle daarin slaag om uit die bakkie te spring voordat dit weggespoel het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'