RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Voortrekkers het verlede Vrydag hul jaarlikse ete aangebied - ’n onvergeetlike aand gevul met musiek, heerlike kos en spesiale oomblikke van erkenning.
Tydens die geleentheid is die jong lede wat hul Presidentsverkenner-toekennings verwerf het, in die kollig geplaas.
Hierdie prestasie is die hoogste eer wat ’n jeuglid in die Voortrekkerbeweging kan behaal en is die vrug van vyf jaar se toewyding en harde werk.
“Ek is ongelooflik trots op hierdie oulike span. Hulle het almal deursettingsvermoë en spanwerk getoon om hierdie mylpaal te bereik,” het Jeannette Serfontein, leier van die Renoster-span, met trots gesê.
Die nuwe Presidentsverkenners is:
Janè Wessels, Leonel Scholtz en Anessa Barnard (Hoërskool Langenhoven)
John-Thomas Jackson, Luan Serfontein, JJ Pfaff en Daniël Keyser (Oakdale).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’