Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die 154ste Riversdal-skou wat van Woensdag, 15 Februarie tot Sondag 19 Februarie by die dorp se skouterrein aangebied is, is goed bygewoon deur inwoners en besoekers uit Hessequa en die Tuinroete.
Die vroueoggend op Donderdag het 'n vol saal getrek en die optrede van verskeie musikante het net soveel belangstelling gewek.
Steve Hofmeyr se konsert was ook gewild.
Die skaapskeerkompetisie en die beoordeling van die perde, bokke, skape en die verskillende beesrasse het eweneens baie mense gelok.
FOTOGALERY: Groot pret by Riversdal-skou!
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'