RIVERSDAL NUUS - Die stof in dié dorp se sakekern het gaan lê, ná Hessequa-munisipaliteit verlede Sondag ‘n beplande kragonderbreking moes instel in die verloop om die elektrisiteit-infrastruktuur op te gradeer en te verbeter.
Verskeie aangekondigde spertye om die projek te voltooi, is weens wispelturige weer, reën en wind ontwrig. Dit het onvermydelik ongerief en verliese vir sake-ondernemings en inwoners meegebring.
Maar die rye slote wat die gebied rondom Kerkstraat na ‘n oorlogsone laat lyk het, is toegegooi, nuut geteer en netjies geplavei. Jy kan nou weer jou motor gerieflik in die strate naby winkels parkeer en op die sypaadjies beweeg.
Munisipale werkers en dienskontrakteurs kon verlede naweek flink daarin slaag om die verlore tyd te fnuik.
“Die sakekernprojek is nou wel afgehandel, maar dit is belangrik om daarop te let dat soortgelyke opgraderings nog ‘n geruime tyd elders in die Hessequa-streek gaan plaasvind. Die projek met die huidige kontrakteur strek oor drie finansiële jare en sal tot teen einde Junie 2025 duur.
"Die onderskeie projekte bied 'n verskeidenheid van opgraderings wat die stabiliteit en integriteit van die elektrisiteitsnetwerk sal verbeter," sê Didi Budricks, die munisipaliteit se hoofskakelbeampte."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’