RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie het weer hul spiere gebult en twee suksesvolle dwelmoperasies van stapel gestuur.
Skof C, onder leiding van sers. Stafford Tarentaal, het in Môrestond op 10 sakke tik en 744 Mandrax-tablette afgekom en 'n 42-jarige man in hegtenis geneem.
Hy is aangekla vir die besit van tik en Mandrax en het reeds in die plaaslike landroshof verskyn.
Skof A het weer in Maanligstraat toegeslaan waar hulle op vier Mandrax-tablette, twee halwe Mandrax-tablette en ook op 15 sakkies tik beslag gelê het.
Vier verdagtes - twee mans en twee vroue - is gearresteer en aangekla vir die onwettige handeldryf in tik en Mandrax.
Hulle het ook reeds in die landroshof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’