RIVERSDAL NUUS - Christoff Louw (39), gebore in Riversdal en tans woonagtig in George, het Suid-Afrika met groot trots tydens die 2025 Wêreld-Multisportkampioenskappe in Pontevedra, Spanje verteenwoordig.
Louw het indrukwekkend presteer in die 40 tot 44 ouderdomskategorie, waar hy 8ste geëindig het in die Cross Triathlon en 6de in die Cross Duathlon.
Die wêreldbyeenkoms het plaasgevind in die pragtige omgewing van Verducido en het topatlete van oor die wêreld gelok.
Op 24 Junie het Christoff aan die Cross Duathlon deelgeneem, wat bestaan het uit 'n 1?km-swem, 'n tegniese 29?km-bergfietsroete met 955?m-klim, en 'n 7?km-bergwedloop.
Slegs twee dae later het hy weer aan die uitdagende Cross Duathlon deelgeneem, wat 'n 6?km-bergwedloop, 25?km-bergfietsgedeelte (750?m-klim) en 'n laaste 3,2?km-bergwedloop behels het.
As seun van dr. Chrisman en Coralie Louw van Stilbaai, is Christoff goed bekend in plaaslike sportkringe as 'n toegewyde en talentvolle atleet.
Tussen werk, gesinsverantwoordelikhede en oefen, is hy 'n gereelde deelnemer aan bergfiets- en veldwedlope regoor die Tuinroete.
Hierdie was Christoff se tweede internasionale byeenkoms, ná sy deelname aan die 2023 XTERRA Wêreldkampioenskappe in Italië.
Daar het hy gekwalifiseer deur 'n sterk vertoning by XTERRA Suid-Afrika, waar hy eerste in sy ouderdomsgroep geëindig het.
Christoff se prestasie wys dat internasionale sportsukses nie tot groot stede beperk is nie. Sy verhaal is een van toewyding en deursettingsvermoë - en 'n inspirasie vir jong sportlui in die streek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’