HESSEQUA NUUS - Ten spyte van ‘n velsiekte wat veroorsaak dat sy vel maklik skeur en kneus, is Louis Saayman ongelooflik positief oor die lewe.
Die 57-jarige Saayman ly aan Epidermolise Bullosa (EB), ‘n toestand waaraan slegs ongeveer 50 000 mense ter wêreld aan ly.
Selfs die geringste aanraking veroorsaak 'n prikkelende gevoel soos om met penne gesteek te word; sy liggaam is met blase bedek en die vel is op baie plekke ontsteek.
“Dit help nie om op ‘n hoop te gaan sit nie. ‘n Mens moet elke dag dankbaar wees vir die sonopkoms, die blomme in die tuin of selfs iemand wat jou groet,” sê hy.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'