STILBAAI NUUS - Die skole sluit Woensdag en Donderdag is 'n openbare vakansiedag.
Die ideale resep vir 'n heerlike pretdag op Melkhoutfontein se sportveld vir ouers en hulle kinders.
In hierdie gejaagde lewe kry ouers bitter min die geleentheid om kwaliteit tyd saam met hulle kinders te spandeer en daarom het sersant Chrissy Lewaks van die Stilbaai Polisie en haar span hierdie wonderlke geleentheid gereël.
Donderdag 21 Maart gaan daar tougetrek word, daar is eier op die lepel resies, sakresies, muntstuk vang, 4 x 100m aflosse en nog vele meer.
Kaartjies is slegs R5 en beskikbaar by Stilbaai Polisie of by Beryl Prins by 073 568 0239.
Vir meer inligting kan serstant Chrissy Lewaks gekontak word by 079 800 8419.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’