RIVERSDAL NUUS - Die weerdiens voorspel ‘n sonnige naweek. En Riversdal se pragberg, die Slapende Skoonheid, weerkaats kreatiewe strale voor én agter die berg.
Dorpenaars kan Saterdag, 30 November, ‘n gesonde skeut kuns en skoonheid geniet.
Skuins ná agt word die dorpsplein die vierde keer vanjaar in ‘n vrolike kuierplek omgeskep vir nóg ‘n Makadas-markdag.
Naas heerlike tuisgemaakte eet- en drinkgoed, wys kunsvlyters ook hul vernuf met ‘n verskeidenheid handgemaakte produkte.
Saterdag is dit ook weer tyd vir die Hessequa-kunsroete se ope-ateljeeprojek. Dan kan kunsliefhebbers die streek se kunsateljees besoek en die kunstenaars ontmoet.
Dié Saterdag nooi sowat 25 van die streek se kunstenaars mense om hul ateljees in Albertinia, Stilbaai, Jongensfontein, Gouritsmond, Riversdal, Heidelberg en Witsand te besoek.
Die roetekaarte vir elke dorp is op die webwerf hsqaartroute.com beskikaar.
Kry jou kaart en ontdek elke dorp se spesiale kunswandelpaaie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’