VERMAAKLIKHEID NUUS - Polisieduikers het gisteroggend (Sondag 31 Maart) omstreeks 11:33 die liggaam van die vermiste 40-jarige man in die Duivenhoksrivier gevind en aan wal gebring.
Dié man en sy 18-jarige saamwoonmaat het Vrydagoggend 29 Maart met 'n kano op die Duivenhoksrivier gaan vaar toe dit vermoedelik omgeslaan en die paartjie verdrink het.
Toe die paartjie op Saterdag as vermis aangemeld is, het die plaaslike polisie en polisieduikers Saterdagmiddag die rivier gefynkam nadat hulle op besittings van die twee saamwoonmaats in 'n kano afgekom het. Die ondersoek is later gestaak, maar Sondagoggend weer hervat.
Polisieduikers is steeds besig om na die liggaam van die jong vrou te soek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’