VERMAAKLIKHEID NUUS - Polisieduikers, met die hulp van die plaaslike polisie, het vanoggend (Sondag 31 Maart) hul soektog na 'n paartjie, wat glo Vrydagoggend vroeg die Duivenhoksrivier met 'n kano ingevaar het, hervat.
Die vermoede is dat die kano omgeslaan en die twee dalk verdrink het. Die polisie is ontbied en 'n intensiewe soektog is geloods waartydens polisieduikers ook ingeroep is.
Polisieduikers het Saterdagmiddag die rivier gefynkam nadat die polisie op besittings van die twee saamlwoonmaats, 'n jong vrou van 18 en die 40-jarige man, in 'n kano afgekom het. Die ondersoek is later gestaak, maar vanoggend weer hervat.
Die bekommerde pa van die vermiste 18-jarige vrou het aan Suid-Kaap Forum vertel sy dogter het glo saam met haar kêrel vanaf die paartjie se woning na die Duivenhoksrivier gegaan om met 'n kano op die rivier te vaar, vermoedelik om dalk vis te vang. Dis eers later wat hulle op besittings van die twee saamwoonmaats in 'n kano in die Duivenhoksrivier afgekom en alarm gemaak het.
Die hulp van die polisie is toe ingeroep om met die soektog te help.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’