TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisiestasie waarsku inwoners om nie goedere aanlyn te koop indien inwoners nie seker is dat die items wat geadverteer word, werklik te koop is nie.
Kommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha sê hulle sit met verskeie bedrogdossiere van inwoners wat op aanlynverkoopsplatforms soos onder meer OLX transaksies beklink net om uit te vind dat skelms met hulle geld verdwyn.
"Inwoners koop items aanlyn, betaal dan die geld in 'n rekening wat die sogenaamde verkoper aan hulle gee, en hoor dan nie weer van die verkoper nie. Ons raai inwoners aan om versigtig te wees."
Die polisie is besig met die ondersoek en nog niemand is in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'