HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie benodig dringend die hulp van die publiek om André ‘Arnie’ Swart (28) op te spoor.
Volgens kapt. Mervyn Zana, waarnemende stasiekommissaris, word Swart vir beweerde huisbraak gesoek.
Hy beweeg veral op plase rond en het familie en kennisse op verskeie plase in die Hessequa-streek.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind kan speursersant Tercia Hoogbaard by 082 522 1225 of 079 894 1612 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’