HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het Woensdag 9 Augustus nadat die dorp se vroue Vrouedag gevier het, beslag gelê op ‘n groot aantal dwelms.
Die E-skof, onder leiding van sers. Danwill Josephs, het om 18:40 op 'n haarsalon toegeslaan nadat hulle op inligting gereageer het dat die Kongolese burger wat die salon bedryf met dwelms smous.
Ná 'n soektog is daar beslag gelê op 280 Mandrax-tablette en 20 gram tik.
Die verdagte, Bakuru Kawamba (35), het Vrydag 11 Augustus vlugtig op aanklag van handel in dwelms in die plaaslike landdroshof verskyn.
Borgtog van R1 000 is aan hom toegestaan.
Die groepskof E-lede onder leiding van sers. Danwill Josephs (tweede van regs) het op Vrouedag flink opgetree om ‘n beweerde dwelmsmous vas te trek. Saam met Josephs is van links: konst. Dylin September, konst. Althea Hartnick en konst. Lionel Roberts.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’