RIVERSDAL NUUS - Helpende Hand Riversdal het gedurende April besluit om die opknapping van die plaaslike polisiestasie se traumakamer een van hul vele projekte te maak.
Die traumakamer het ‘n goeie lagie verf gekry en is ook mooigemaak.
Hul leuse vanjaar is: Waardes wat Werk. “Ons sien waarde daarin om mense waardig te laat voel en ons glo wanneer ‘n traumakamer mooi rustig lyk of ‘n skooltjie se kleur gepas is vir alle ouderdomme, skep ons waardigheid” sê Anna-Marie Hughes van Helpende Hand.
'n Persoon wat deur trauma gaan soos verkragting, huishoudelike- of gesinsgeweld, sal rustigheid en kalmte ervaar in die veiligheid van die traumakamer wat spesifiek vir die doel opgeknap is. Hier kan 'n berader dan ook rustig met die getraumatiseerde persoon gesels.
Volgens statistieke vir Riversdal is daar tussen 20 tot 25 gevalle per maand net vir hierdie tipe geweld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’