HEIDELBERG NUUSFLITS – Die C-skoflede van Heidelberg-polisie het vir die tweede keer binne ’n maand in die dorp toegeslaan toe hulle op dwelms by ’n sinkhuis in Dollar Square afgekom het.
Die skoflede, konstt. Carlet September, Keanan Fredericks en Salomi Erasmus, was Sondagmiddag 5 Augustus op pad uit Slangrivier toe hulle op ’n wenk gereageer het.
Die lede het ’n 32-jarige verdagte net na 15:00 in die huis gearresteer nadat hulle beslag gelê het op die dwelms met ’n straatwaarde van ongeveer R2 000.
Die verdagte het Maandag 6 Augustus in die plaaslike hof verskyn op aanklag van besit en handel van dwelms.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'