HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie in samewerking met verskeie rolspelers, waaronder die Vroue Netwerk, Men for Change, die departement maatskaplike dienste, Mosiac Veiligheidshuis vir Vroue en Kinders en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het op Vrydag 19 April 'n bewusmakingsaksie in die middedorp asook in Diepkloof geloods.
Die groep het veral in Diepkloof met groepe jongmanne gepraat oor gesinsgeweld, misdaad en geweld teenoor vroue en kinders.
Die mans is ook ingelig oor hul regte ten opsigte van verskeie geweldsaksies deur vroue teen mans.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’