HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie se Vroue en Mans vir Verandering-netwerk, in samewerking met Mosiac, 'n plaaslike veiligheidshuis, het op Donderdag 18 Julie hul deel bygedra om aan die nalatenskap van die land se grootste ikoon, Nelson Rolihlahla Mandela, die land se eerste demokratiese president en vryheidsvegter, hul eer te betoon.
Die verrigtinge is onder die tema “Doen wat jy kan, met wat jy Het, waar ook al jy is,” gedryf.
Lede van die polisie netwerke, asook dié van Mosiac, het die 67 minute gebruik om lede van die gemeenskap in te lig oor verskeie aspekte wat die gemeenskap so kniehalter deur pamflette oor geweld teen vroue en kinders asook gesinsgeweld uit te deel.-0
Die inwoners is ook met heerlike sop en toebroodjies getrakteer om die winter koue te trotseer.
Nagenoeg 150 inwoners, jonk en oud het die goeie gebaar van die toegewyde lede terdeë geniet en waardeer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’