HEIDELBERG NUUS - Die D-skoflede van die plaaslike polisie het Woensdagmiddag 12 Junie 'n wenk gekry van 'n jongman met dwelms in sy besit. Hulle het die wenk opgevolg en 'n buitelander in hegtenis geneem.
Die skoflede, onder leiding van ao. Gerrit Swart, het omstreeks 17:00 'n 29-jarige Tanzaniër in Missionstraat deursoek en 20 Mandrax-tablette asook 5 gram tik in sy besit gevind waarop beslag gelê is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, is die dwelms na die polisielaboratorium vir toetse gestuur en is hy vrygelaat.
Hy is gewaarsku om op Vrydag 13 September in die hof te verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’