HEIDELBERG NUUS - ’n 48-Jarige man het Maandag, 27 Julie vlugtig in Heidelberg-landdroshof op aanklag van poging tot moord, asook besit van mandraxpille, verskyn.
Die verdagte het na bewering ’n plaaslike polisielid aangerand deur petrol van agter af op hom te gooi en aan die brand te steek.
Die saak is tot Maandag, 3 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Hy bly in aanhouding.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'