RIVERSDAL NUUS - Die bekroonde wynmaker Anton Bredell (63), is Woensdagmiddag, 8 November, oorlede nadat hy beheer oor sy viertrekvoertuig op pad na sy plaas buite die dorp verloor het.
Geen ander voertuie was betrokke nie. Hy is op slag dood.
Sy wynreeks, veral die portversnit, onder die JP Bredell Wines-etiket, is wêreldwyd gewild en het al talle toekennings verower.
Hy word oorleef deur vyf biologiese seuns, drie bonusseuns, vyf kleinkinders en sy vrou, Lynne.
Begrafnisreëlings sal binnekort bekendgemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’