Update
HESSEQUA NUUS - Vier hoërskole in die Eden Sentrale Karoo Kring het 100% slaagsyfer behaal en het uitstekende prestasies in die 2025 NSS-eksamen gelewer.
Hoërskool Langenhoven
Hoërskool Langenhoven het bevestig dat hul klas van 2025 'n 100%-slaagsyfer behaal het.
Die skool het 16 A-gemiddeldes en 28 B-gemiddeldes met altesaam 172 A-simbole en 'n klasgemiddeld van 65%.
Verder kwalifiseer 95.2% van die matrieks om met verdere studies by universiteite voort te gaan. 4.8% kan by tegnikons en kolleges veredere onderrig kry.
Hoërskool Heidelberg en Kairos Senior Sekondêr
In Heidelberg het beide Hoërskool Heidelberg en Kairos Senior Sekondêr vriend en vyand verras met hul 100%-slaagsyfer.
Vir Kairos is dit die tweede keer in hul 31 jaar se bestaan dat dié mylpaal bereik word - presies 21 jaar nadat hulle dit laas reggekry het.
Hoër Landbouskool Oakdale
Hoër Landbouskool Oakdale het weereens sy akademiese gehalte bevestig met 'n 100%-slaagsyfer.
Altesaam 86 leerders het die eksamen voltooi, waarvan 77 leerders (89,5%) met 'n B-graad geslaag het.
Nog agt leerders (9,3%) het met 'n diploma geslaag en een leerder het die eksamen geslaag.
Die skool het ook 96 vakonderskeidings behaal.
Toppresteerders sluit in Artho Saayman met 'n gemiddeld van 93,1% en agt onderskeidings, gevolg deur Lohan Gerber (84,7%) en Luan Serfontein (84%).
Hoërskool Albertinia
Hoërskool Albertinia het 'n slaagsyfer van 89,6% behaal, met 43 uit 48 leerders wat suksesvol geslaag het.
Dohogen Prins was die toppresteerder met 68,6%, gevolg deur Ruche Julies en Andrea Prins, wat gesamentlik tweede geëindig het met 64,57%.
Rozard Petersen het derde plek behaal met 64,29%.
Drie vakonderskeidings is behaal: Rozard Petersen vir Wiskundige Geletterdheid (81%), en Ruche Julies vir Afrikaans Huistaal (82%) en Toerisme (82%).
Gerrit du Plessis Senior Sekondêr
Gerrit du Plessis Sekondêr het ook goed gevaar met 'n slaagsyfer van 94,4%.
Die skool se topdrie presteerders is Done Pipes met 72%, Ashley Adams met 65,29%, en Tiaan Jacobs met 64,83%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’