RIVERSDAL NUUS - AfriForum se Goukou-plaaswag en Riversdal-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Hessekwa-takstruktuur vorm, het op Donderdag 13 Junie opleiding in radiospraakprosedures, grondgrype en regsaspekte van toepassing op patrollies ontvang.
David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap, het die opleidingsessie gratis aangebied en sowat 80 lede van die gemeenskap, wat lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum insluit, het dit bygewoon.
"Opleiding speel 'n belangrike rol om gemeenskappe weerbaar te maak. Almal strewe saam na 'n veilige omgewing in samewerking met die polisie en binne die raamwerk van die wet," sê Johan Crous, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak.
Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS 'Veiligheid' na 45351 (R1).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'