HEIDELBERG NUUS - Vanjaar se Pampoenfeeswenner, Piet Lotz van Riversdal, het nie net die SA rekord met sy eerste pampoen se inweeg verpletter nie, maar ook met sy tweede pampoen die nuut opgestelde rekord verbeter.
Lotz se eerste bielie het 1062 kg geweeg, terwyl die wenpampoen die skaal op 1120 kg laat kreun het.
André du Plessis was tweede met sy pampoen van 954 kg en Pieter Conradie, verlede se wenner, derde met 'n pampoen van 737 kg.
Lotz se vrou, Elizna, en hul tweelingseuns was daar om in sy vreugde te deel. Sy wenprys was R20 000 met 'n bonus van R30 000 met die nuwe SA rekord wat hy verbeter het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’