RIVERSDAL NUUS - Vier personeellede van Hoërskool Langenhoven het op Saterdag, 31 Julie ‘n Growth Mindset-kursus in die skoolsaal, bygewoon.
Die kursus is ‘n Wes-Kaap onderwys departement (WKOD) inisiatief.
“Dit handel daaroor dat ‘n mens moet besef dat jy enigiets kan vermag as jy jou gedagtegang verander. Met ‘n positiewe ingesteldheid kan ‘n persoon enigiets vermag wat op jou pad kom, het Athenea Faye van Johannesburg, wat die kursus aangebied het, gesê.
Tans is die kursus slegs op grade 8, 9 en 12 van toepassing, maar dit gaan mettertyd na alle leerders uitbrei.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'