RIVERSDAL NUUS - ‘n 57-jarige pastoor van Riversdal is Dinsdag, 23 November deur die Mosselbaai GKS in hegtenis geneem in verband met ’n seksuele aanrandingsklagte wat teen hom aanhangig gemaak is.
Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisiewoordvoerder dui die voorlopige inligting aan dat die beskuldigde twee minderjarige meisies oor ’n tydperk vanaf Januarie tot Junie 2021 by hul huis seksueel sou molesteer het.
Hy het Woensdag in Riversdal-landdroshof verskyn, waarna die saak tot Maandag, 29 November vir ’n formele borgaansoek uitgestel is. Hy bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'