STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Passiespel vind vanjaar op 11, 12 en 13 April in die gemeenskapsaal plaas en dit beloof om weereens 'n skouspel te wees.
Marietjie Strydom sê dat 'n besondere nuwe teks en musiek tesame met begaafde deelnemers sal verseker dat dit 'n aangename en verrykende belewenis sal wees vir die wat dit bywoon.
Die deelnemers is al vir maande lank besig om in te oefen en hulle teks onder die knie te kry, want niks word aan die toeval oorgelaat nie.
Kaartjies is vanaf Maandag 10 Maart beskikbaar by Tabeel, Jagersbosch en die N.G. Kerkkantoor teen slegs R20.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’