Die bestuurder van die winkel, Peet van Staden het dit goedgedink om Dyan uit te nooi om plaaslike inwoners te ontmoet tydens die gebruiklike Markdag, wat elke Vrydag aangebied word in die winkel.
Kliënte het bladgeskud met Riversdal se goue seun en 'n hele paar het ook vir foto's geposeer saam met Dyan. Sy drie Paralimpiese medaljes het ook aandag getrek.

Dyan Buis, Hessequa se Paralimpiese kampioen saam met personeel van Stilbaai Spar asook die bestuurder, Peet van Staden, tweede van links agter. Foto's: Louise Mouton.